Ek het in 2020 matrikuleer aan die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp. In 2021 het ek begin studeer om ‘n graad in BRek aan die Universiteit van Stellenbosch te verwerf.  Tans is ek derde jaar.

Danksy  die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds (NHSF), wat my studies moontlik gemaak het, het ek die geleentheid gekry om vanjaar in Strasbourg, Frankryk vir ‘n maand te gaan studeer. Ek dank en eer die Here vir die geleentheid aangesien die Universiteit die kostes dek en min mense gekeur word. Ek sien uit om my kennis te verbreed en so my CV op te bou.

My universiteitloopbaan was sover niks kort van ‘n droom nie. As ek vir die gestresde Covid-matrikulant moes vertel van die wonderlike jare wat vir haar voorlê, sou ek dit beslis nie geglo het nie!

Baie dankie aan die NHSF vir jare se getroue ondersteuning en belangstelling in my vordering. Ook baie dankie vir die meriete toekenning, dit is ‘n seëning wat ‘n paar gate toestop!