Ek studeer tans BCom Regte aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Ek is tans ‘n 3de jaar en beoog om vanjaar my eerste graad te verwerf. Die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds maak dit moontlik vir my om my droom na te jaag om ‘n suksesvolle boedelbeplanner te kan word. Ek het ‘n passie vir rugby en speel vir my koshuis (Patria) se eerstespan. Ek dien op verskeie komitees in die koshuis en sien uit om as ‘n besige student my tyd in Potchefstroom te geniet.