Ek is Dinda Muller van Johannesburg . In 2018 het ek matrikuleer aan die Hoërskool Kempton Park en is tans besig met die 3de jaar in BCom Finansiële Rekeningkunde. Ek is ‘n trotse NWU-student op die Potchefstroom-kampus, asook ‘n inwoner van Kasteel Dameskoshuis. Finansies is so ‘n groot passie vir my , maar dit kan ook  ‘n las word en te danke aan die NHFS kan ek sonder bekomernis  al my drome  nastreef.

Ek geniet dit om deel te kan wees van al die strukture van die Universiteit en die koshuis en om my passie met ander te deel en terselfder tyd die geleentheid te kry om nuwe vaardighede aan te leer.

Ek is opgewonde oor die toekoms en dit is te danke aan God, my ouers, maar ook die Noordelike Helpmekaar Studieleningsfonds. Die NHSF het dit moontlik  gemaak dat ek kan fokus op my studies en om al die geleenthede wat die universiteit daar stel, aan te gryp.

Vanjaar is my finale jaar en ek is besig om  hard te werk om keuring vir Honneurstudie te kry. Daarna sal ek ook die wêreld betree en daagliks ‘n verskil maak in mense se lewe.