In 2016 het ek matrikuleer met 2 A’s en 6 B’s en is daarvolgens gekeur om myself as chiropraktisyn te bekwaam- die beroep van my drome- aan die Universiteit van Johannesburg.

Ek wil die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds uit my hart bedank dat julle die studies tot dusver moontlik gemaak het en ook vir die belegging wat julle in my toekoms maak.

Ek is tans in my finale jaar en is dus daagliks bloodgestel aan pasiënte deur hulle te behandel. Ek geniet dit meer as wat ek ooit gedink het ek sal. Dit is vir my ‘n voorreg om elke dag iemand nuuts te ontmoet en te help. Ek is in ekstase oor wat die toekoms inhou vir diè beroep. Ek is bevoorreg om te kan doen waarvoor ek lief is en ook ‘n passie het- alles te danke aan die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds.

My studies verg ure voor die boeke en ure van praktiese ondervinding, maar ek aanvaar die uitdaging en pak dit daagliks met beide hande aan. Die volgende aanhaling dra my deur elke dag: “In Christ she is a strong and fearless warrior who can overcome any obstacle in her way”.

Dankie aan die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds dat julle die afgelope 6 jaar se studies vir my moontlik gemaak het. Ek sal julle ewig dankbaar wees.