Ek is ‘n finale jaar aptekerstudent aan die Noord-Wes Universiteit op die Potchefstroom-kampus. Te danke aan die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds kon ek die afgelope 4 jaar van my studies voltooi as gevolg van die finansiële hulp wat ek ontvang het. 

Ek sien uit om volgende jaar my loopbaan as ‘n apteker aan te pak, om sodoende ‘n verskil in mense se lewens te maak rakend hulle gesondheid. 

Baie dankie aan die NHSF wat vir my die geleentheid gegee het om te kan studeer en vir my die kans gegee het om ‘n suksesvolle loopbaan in die toekoms aan te pak.