Ek is ‘n derde jaar Teologie student wat ‘n passie het vir Godsdiens en die geskiedenis van my geloof en kerk. Ek het besluit om Teologie te studeer na my belydenis van geloof in Graad 11. Ek was gretig om meer te leer. Ek Is geïnspireer deur my wonderlike gemeente wat my deur alles ondersteun het.

Ek is tans ‘n Sondagskooljuffrou vir 4 tot 7-jariges en ek is ‘n lid van die Gebedskomitee. Ek doen gereeld die Skriflesing in die formele dienste en ek is ook aktief betrokke by al die aktiwiteite van die Jeugbediening.

Die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds het dit vir my moontlik gemaak om my passie vir Teologie na te volg sonder enige bekommernis oor my toekoms. Dit het my toegelaat om my volle aandag aan my studies te wy en te presteer. Ek is ongelooflik dankbaar vir die geleenthede wat die NHSF vir my bied.