Ek is ‘n derde jaar mediese student aan die Universiteit van Pretoria. Medies is absoluut my passie en hard werk en goeie prestasie kom aansienlik makliker as ‘n mens iets studeer waarvoor jy werklik lief is!  Buiten die meriete toekenning, wat ek so bevoorreg is om te ontvang van die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds, het ek ook ‘n uitnodiging gekry na die Universiteit van Pretoria se Fakulteit van Gesondheidswetenskappe se meriete toekenningsaand vir my  tweede jaar se prestasie in 2022. Ek is so dankbaar om konstante ondersteuning en erkenning te ontvang van die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds. Dit motiveer my om elke jaar my alles te gee en ek weet ek gaan sukses behaal.