Na ’n finale jaar vol onsekerheid en vrees oor hoe hierdie nuwe virus my graad en toekoms gaan beïnvloed, het ek uiteindelik met groot verligting in Desember 2020 gegradueer  in Verpleegkunde aan die Universiteit van die Vrystaat.  Ek is opgewonde om my loopbaan in hierdie edele beroep te begin sodra ek suksesvol geplaas word vir my Gemeenskapsdiens-jaar. Die Noordelike Helpmekaar Studiefonds het dit vir my moontlik gemaak om my droom, om mense te help, te bewaarheid en ek is hulle ewig dankbaar vir hulle ondersteuning gedurende my studiejare.

Alle eer aan ons Vader.