Ek het in 2016 gematrikuleer aan die Meisieskool Oranje met 6 onderskeidings en is ‘n vyfde jaar regstudent aan die Universiteit van Pretoria

Ek voel geëerd om weer eens ‘n merietetoekenning te ontvang en dank my Hemelse Vader vir my gawes en ook dat Hy die weg gebaan het vir my. Dankie ook aan die   Noordelike Helpmekaar Studiefonds wat dit vir my moontlik maak om my drome te realiseer.

Harde werk, selfdissipline en ondersteuning van my familie is my wenresep vir sukses!

Ek is deel van die Golden Key Society wat die top 15% studente in hul verskeie studievelde vereer. Ek was ook uitgenooi na die International Scholar Laurete Program (ISLP) Delegation on International Relations & Diplomacy 2019 wat gehou is in Beijing, China.

Ek is  vanjaar ook vereer op die Dekaan se merietelys vir top presteerders.

Ek studeer en werk voltyds by ‘n prokureursfirma wat my in staat stel om my studies af te betaal.

Ek is passievol oor die reg en dat dit as instrument gebruik kan word om ‘n verskil te maak.

Dankie aan al die wonderlike mense en mentors in my lewe wat my elke tree van die pad ondersteun. Sonder julle sou ek nie gewees het waar ek is nie!

“Success does not come from what you do occasionally. It comes from what you do consistently.” – Marie Forleo