Ek is tans ‘n vierdejaar BDiv-student aan die Universiteit van die Vrystaat.

In 2019 het ek matrikuleer aan die Hoërskool Witteberg. My roeping, om ‘n verskil in mense se lewens te maak en om die Woord van God te verkondig aan almal, het ek in 2018 ontvang. Die pad van studeer het verseker uitdagings, maar ook soveel seëninge.

Die Noordelike Helpmekaar-Studie-leningfonds was verseker net ‘n seëning op hierdie reis van my.

Danksy die NHSFonds was finansies nog nooit ‘n probleem nie. Dit het baie druk van my skouers afgehaal en kon ek gemakliker op my studies fokus.

Ek wil hierdie geleentheid gebruik om die NHSFonds te bedank vir die besondere geleenthede wat hulle vir elkeen van ons skep.