Ek is tans ‘n vierde jaar mediese student aan die  Sefako Makgtho Health Sciences University (SMU) in Pretoria.

My passie was nog altyd om mense te kan help. Medies help my om my passie uit te leef. Die kursus motiveer my om baie hard te werk, dit verg baie van my tyd, maar ek sal dit vir niks verruil nie. Ek is baie dankbaar vir wat ek sover geleer het en dat ek nog die geleentheid het om verder te kan studeer. Ek het baie gegroei as mens as gevolg van al die uitdagings vandat ek begin studeer het, en ek glo ek sal aanhou groei deur die kursus.

Ek het vanjaar met my kliniese opleiding begin en ek geniet my gate uit. Ek leer verskriklik baie by al die doktors en mentors by die universiteit. Dit is vir my ‘n voorreg om met die pasiënte te kan werk en my kennis te kan toepas om hulle te help.

Ek wil net my dankbaarheid aan die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds uitspreek. Sonder die Fonds sou ek nie dit kon studeer waarvoor ek so onsettend lief is nie. Die NHSF het dit vir my moontlik gemaak om my passie te volg. Ek sal beslis dit nooit vergeet nie, julle help baie mense en ek is baie dankbaar om een van hulle te wees!