Ek doen tans my Honneurs-graad in Onderwysbestuur en -leierskap. 

Ek het in Johannesburg groot geword, en matrikuleer in 2017 aan die Hoërskool Randburg. Ek het nog altyd ʼn passie vir onderwys gehad en was baie opgewonde toe ek die geleentheid gekry het om by NWU-Potchefstroom te gaan studeer. 

Om te skryf het my nog altyd na aan die hart gelê. Ek kon diè passie uitleef deur op die RESEDA-redaksie te dien, waar ek artikels en interessante berigte vir die koshuiskoerant kon skryf. 

Ek het in 2018 my studentereis by die NWU-Potchefstroom begin. Vier jaar later stap ek met trots uit die ouditorium met my graad in my hand. Ek sou verseker nie sonder die hulp van die NHSF ʼn sukses van die afgelope vier jaar kon maak nie. Maar, my storie eindig nie hier nie. Te danke aan die NHSF kon ek die fondament lê waarop ek nou my Honneurs-graad kan bou. Dit is ʼn ongelooflike voorreg om my akademiese drome nog verder te kan realiseer.

 ʼn Groot dankie aan die NHSF, in persoon Dr Kok en Mev van der Westhuizen, wat my vir vier jaar lank ondersteun het. Julle maak wraggies ʼn groot verskil in studente se lewens!