Ek het in 2018 my studies in Fisioterapie by Sefako Makgatho Universiteit vir Gesondheidswetenskappe begin. Ek is tans in my derde jaar!

My liefde vir sport is die hoofrede waarom ek besluit het om hierdie studierigting aan te pak, alhoewel ek  ontdek het dat Fisioterapie ‘n baie wye beroep is! Ek glo dat hierdie een van God se vele maniere is om my toe te rus vir Sy plan vir my lewe. Hy het ‘n omgee en ‘n passie binne in my hart kom roer om mense te help, vir Sy eer en om Hom te dien met alles binne my!

Ek besef hoe bevoorreg ek is met hierdie geleentheid om verder te kan studeer. Ek is ongelooflik dankbaar vir my ouers se liefde en ondersteuning wat my altyd aanspoor om my beste te gee, asook die Noordelike Helpmekaar-studiefonds wat hierdie deur tot my toekoms oopmaak!

Wanneer ek nie agter die boeke of in die klaskamer sit nie, spandeer ek graag my tyd buite! My vierpotige beste vriend vergesel my gewoonlik op opwindende avonture en ek hou daarvan om uitdagings aan te pak wat vasberadenheid en deursettingsvermoë verg – soos ‘trail running’-wedlope, driekampe, ensovoort. Aan die einde van 2018 het ek die 94.7 -fietsrywedren vir Wollies, ‘n diere skuiling, gery en ek sal graag eendag ‘n ultra driekamp wil voltooi!