Met ‘n graad in die sakkie en honneurs op die horison is my loopbaanbeplanning om ‘n suksevolle kommunikasiepraktisyn te wees, terwyl ek my belangstellings volg. Ek stel belang in ‘n musikale loopbaan en hoop om vir ‘n besigheid te werk in daardie veld. My doel is om my belangstelling en loopbaan by mekaar uit te bring sodat ek gelukkig en suksesvol sal wees in die werksplek, terwyl ek my passie volg. Die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds maak hierdie aspirasies vir my moontlik en laat drome waar word.