Natasha GroenewaldEk het in 2013 aan die Hoërskool Jeugland gematrikuleer (3 onderskeidings).  Van graad 8 tot 12 was ek lid van die VLR en 1ste hokkiespan. Ek het ook vir Kempton Park ringbal gespeel.

Derde jaar B.Com. (Regte) by Tukkies is reeds voltooi. Nou is ek besig met my laaste jaar LL.B.

Die afgelope vyf jaar was nie elke dag maanskyn en rose nie, maar met harde werk, deursetting en genade van Bo het ek baie vermag en is tot dusver met 9 onderskeidings geseën. Aan my mede-studente wil ek sê: Al lyk die pad hóé steil, hou moed, glo en vertrou, op die ou end is alles die moeite werd!

Opregte dank aan die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds vir die tweede merietetoekenning wat ek ontvang. Dit word opreg waardeer, ook die wonderlike ondersteuning van my familie en vriende. Ek is veral dankbaar vir die krag en genade wat ek van my Hemelse Vader gekry het.