Dit is ‘n baie groot voorreg om ondersteun te word deur hierdie fonds. As katalisator vir my pad om ‘n gekwalifiseerde arbeidsterapeut te word, het hierdie fonds elke jaar vanaf 2018 nog net my hande versterk om hoër hoogtes te bereik.

 

Ek is ongelooflik gelukkig in my studierigting. Arbeidsterapie kan beskryf word as my stokperdjie wat ‘n drievoudige doel dien. Dit gaan my beursie (half) vol hou, dit daag my kreatief uit en hou my liggaam en gees aktief en fiks. As ek ‘n blaaskans nodig het van die akademiese stres geniet ek dit om naweke te stap en tyd te spandeer saam familie en vriende.

 

Selfs deur die rowwe Covid-19 tydperk het hierde fonds ons as studente deur dik en dun ondersteun. Daar was nie ‘n oomblik waar ek  getwyfel het of ek die syfers sal kan laat klop op my universiteitstaat nie. Dit is prysenswaardig. Baie dankie NHSF. Die werk wat julle doen is werklik besonder en dis ‘n groot eer om deel te wees van die NHSF-span.