Ek glo nie in “per toeval” nie. Dis nie per toeval dat ek ‘n pad gestap het met NHSFonds nie en ook nie omdat ek hul van die begin af gekies het nie. Dit was nie per toeval dat waar ek nou is, by hulle begin het nie…

Universiteit was nie net vir my ‘n graad en onophoudelike kennis nie. Universiteit was lewenslesse, lewenslange vriende en vriendinne, herinneringe, nog bietjie lewenslesse, verantwoordelikheid, geestelike en innerlike groei. In my geval het ek nog die ‘jackpot’ ook geslaan. Dit het vir my ‘n trouman ook ingehou. Per toeval? Nee ek dink nie so nie. 

Die graad en onophoudelike kennis was omtrent die ‘ultimate’ bonus. En as ek nou so terug kyk, kyk ek terug met dankbaarheid. Dit was diè tyd van my lewe, en dit het nog steeds nie opgehou nie.