Drie jaar gelede het my studie loopbaan begin aan die Universiteit van die Vrystaat danksy die hulp van die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds. Ek het Besproeiingbestuur studeer waar die kennis van optimale water-, grond- en gewasbenutting onderrig word sodat volhoubare en winsgewende produksie kan plaasvind. 

My droom is om eendag n groot kommersiële boerdery van my eie te hê en met behulp van die Helpmekaar-Studiefonds kon ‘n deel van my droom waar word…om landbou te kon studeer.

 Van kleins af het ek ‘n passie gehad vir boerdery en vandag begin die moontlikheid om my droom te bereik al meer ‘n realiteit word.

 Ek wil net baie dankie sê aan Noordelike Helpmekaar-Studiefonds vir die ongelooflike geleentheid wat julle vir so baie van ons jong mense bied en ook vir my gebied het die laaste drie jaar. Dansky die hulp kan ek vandag sê ek het ‘n graad agter my naam en sien uit na die toekoms. Nou dat my studie loopbaan verby is, is ek sterk op pad oorsee om in Amerika te gaan werk waar ek ‘n geleentheid aangebied is. Weer eens baie dankie vir die hulp en ons sien die verskil wat julle in mense se lewens maak.