Terwyl ek BSc Sportswtenskappe studeer het, het ek ook die kans gekry om ‘n gekwalifiseerde Medic te word. Ek het deeltyds privaat gimklasse aangebied en vir kinders au pair. Ek is tans ingeskyf vir my Honneursgraad in Biokinetika en ek au pair steeds. My toekomsplanne is om keuring te kry vir medies en of my Meestersgraad in Biokinetika te doen. Ek beplan om eendag my eie multi-dissiplinêre praktyk oop te maak. Ek bedank die NSHF uit die diepte van my hart vir die geleentheid en vertroue wat hulle in my gestel het.