FrancoisEk het in 2015 gematrikuleer aan die Hoërskool Kempton Park met ʼn hele paar onderskeidings in my sak. 

Tans studeer ek by UJ om ʼn geoktrooieerde rekenmeester te word en is al in my derde jaar.

Ek kan met vertroue en eerlikheid sê ek doen waaroor ek passievol is en dat ek my graad en honneurs suksesvol sal verwerf. Tot sover was die kursus nogal billik, maar dit raak al moeiliker en meer uitdagend. Tog weet ek met al die bystand van my vriende, familie en die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds sal ek bo uitkom. 

Op hierdie positiewe noot wil ek ook net vir Helpmekaar baie dankie sê vir die geleentheid wat ek gebied word om al my drome waar te maak.