Ek het in 2016 matrikuleer by CVO Gromar Privaatskool. Van kleins af het ek daarvan gehou om juffrou-juffrou te speel met my sussies as my skoolkinders.  In graad 7 het ek my sussie, wat toe in gr. 0 was,  geleer lees.  My liefde vir die onderwys kom dus al ‘n lang pad.

Ek is tans ‘n trotse derdejaar B.Ed Intermediêre fase by AROS in Pretoria. By AROS het mens net een keer ‘n week klas, dus die res van die week het ek geleentheid om as assistent by ‘n skool in te skakel of te au pair. Op die manier tel ek ondervinding op en begin solank geld spaar vir my toekoms.  Saam met die werk deur die week moet ek natuurlik al my take gedoen kry voor ek weer klas het en dit verg deeglike beplanning en baie selfdissipline.  Tot dusver het ek nog nie ‘n vak gesleep nie en het altesaam al 19 onderskeidings gekry.

Na my graad oorweeg ek dit om my honneurs in leerderondersteuning te doen. As ek klaar gestudeer het wil ek graag in Orania gaan skool hou en kinders se lewens positief verander.

Kinders is beslis een van my belangstellings.  Verder hou ek van eet, slaap, lees en so af en toe ‘n goeie film.