Ek wil graag hierdie geleentheid gebruik om dankie te sê aan  die NHFS.

Ek het in 2015 gematrikuleer aan die Hoërskool Pretoria-Noord en is tans besig met my meestersgraad in Argitektuur by Tshwane University of Technology. Ek het baie interessante goed geleer deur die loop van my studies. In my derde jaar het ek die geleentheid gekry om saam met Italiaanse studente in Mpumalanga te gaan werk aan ‘n projek. Ons was blootgestel aan nuwe tegnologie en dit het vir my soveel deure oopgemaak. Sonder  die NHSF sou ek nie op sulke wonderlike toere kon gaan nie. My droom was nog altyd om n argitek te word en danksy die NHFS, is dit moontlik gemaak.

Ek geniet elke oomblik van wat ek doen, al is daar soms moeilike oomblike en laat nagte. Die NHSF haal ongelooflike baie stress af in verband met die finansiële sy van my studies en boonop ken hulle prestasie toekennings toe aan die studente wat goed presteer. Ek beplan om my meesters- graad te voltooi teen 2021.

Die toekenning wat ek ontvang het was totaal onverwags en ek wil net dankie se aan almal by die NHSF wat dit vir my moontlik  maak om my drome uit te leef.

Baie dankie vir die geleentheid!