Ek het in 2017 matrikuleer met ses onderskeidings. In 2020 het ek my BA graad in Sielkunde en Tale met lof geslaag en is tans besig om my Honneursgraad in Sielkunde te verwerf aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.

Dit is my droom om eendag as ’n kliniese sielkundige te registreer. Ek het ‘n besondere belangstelling in die veld van abnormale sielkunde en is innig dankbaar dat ek die geleentheid het om die veld te bestudeer. Om my droom van registreer as ‘n kliniese sielkundige te bereik, gaan ek ten minste drie grade in die veld moet voltooi. Sonder die hulp van die Noordelike Helpmekaar Studieleningsfonds sou hierdie droom doodeenvoudig buite my bereik wees, maar te danke aan hierdie fonds is al waaroor ek myself nou hoef te bekommer, my akademie.

My huidige belangstellinge sluit in draf, lees en kortverhale skryf. Ek het nog altyd n groot liefde vir kreatiewe skryfwerk gehad en hoop om eendag ook ‘n boek te publiseer.

Ek is baie dankbaar aan die Noordelike Helpmekaar Studieleningsfonds dat hulle al hierdie geleenthede wat ek nou het, vir my moontlik gemaak het.