My naam is Jeanine Malan. Ek is ’n finale jaar student by die Noordwes Universiteit. Ek bly in Minjonet Dameskoshuis. Ek studeer BCom Besigheidsbestuur met Toerisme en Bemarking as my twee hoofvakke. My hart klop al van jongs af vir die kunste. Daarom neem ek nog elke jaar deel aan die Pukkietalentfees (Puk se toneel en ons koshuis se toneel). Ek wil graag volgende jaar my dramatalent uitleef op sosiale media. Ek wil my eie YouTube kanaal begin en mense vermaak daar deur .

 

Ek wil eerstens dankie aan Abba Vader sê wat my so geseën het met al hierdie geleenthede en weet dat alles wat ek bereik deur Sy krag en genade is. En dan wil ek dankie sê aan Helpmekaar-Studiefonds wat nie net vir my nie, maar ook my pa (vanaf 1987-1990) gehelp het om ons universiteitsdrome waar te maak. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie.