Ek het groot geword in Pretoria en het in 2018 matrikuleer aan die Hoёrskool Oos-Moot, waar ek blootgestel is aan loopbaankenners vanaf graad 8 tot graad 12. Hier is ek ook blootgestel aan die regsberoep en dit is waar my regsdroom begin ontwikkel het.

Ek het besluit om my droom te volg en in te skryf vir BCom Regte. In my tweede jaar het ek gekies om Besigheidsbestuur as hoofvak te neem. Ek het vanaf 2019 tot 2021 studeer en het amptelik op 26 April 2022 graad verwerf.

Noordelike Helpmekaar-Studiefonds het my gehelp om my droom, om regte te swot, te verwesenlik.

Tans werk ek as ‘n “admin and payroll”- assistent en  doen ek ook beide debiteure en krediteure, sowel as voorraadbeheer. Ek wil graag in die toekoms vir ‘n honneursgraad in Besigheidsbestuur inskryf, sowel as die nodige opleiding kry om n mediese verteenwoordiger te word.

Baie dankie aan Noordelike Helpmekaar-Studiefonds vir julle hulp, motivering en ondersteuning tydens my BCom Regte-studies.