Ek het in 2018 my studies begin aan  The Capital Hotelskool in Pretoria en in Januarie 2020 my diploma vir “Professional Cookery”(chef) ontvang. Ek werk tans by Mathews Phosa College, n privaatskool bo in die berge van Schoemanskloof net buite Nelspruit, waar ek op die ouderdom van 21 kombuisbestuurder is.

Ek en my personeel van 8 voorsien 3 maaltye per dag vir ongeveer 270 kinders wat in die koshuis woon. Ek is tans ook besig met die Gevorderde Diploma in Kombuisbestuur.

My belangstellings varieer tussen jag saam met my pa, koekies bak saam my ma, en kuier om n kampvuur saam my sussie. Ek hou ook daarvan om  so nou en dan lyn nat te maak langs n dam.

Ek wil net baie dankie se aan die Noordelike Helpmekaar Studiefonds wat my die geleentheid gegee het om my droom van Chef-wees, te verwesenlik.