Ek het in 2019 matrikuleer aan die Pretoria High School for Girls. Dit was nog altyd my hoop en droom om medies te studeer, en deur my hele skoolloopbaan het ek doelgerig en met ‘n vasberadenheid gewerk om hiedie droom ‘n werklikheid te maak.

Heelwat van my familielede is mediese spesialiste. Hulle passie, liefde en respek vir die professie is vir my daagliks ‘n groot inspirasie. 

Ek is tans 3de jaar by Pretoria Universiteit en pak my studies met groot toewyding en dissipline aan.

Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak en die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds opreg bedank vir die geleentheid en moontlikheid om my studies voort te sit. Ek is van voorneme om my studies met die nodige toewyding en harde werk met trots te voltooi.

Nogmaals dankie!