Ek is ‘n vierde jaar Teologie student wat ‘n liefde het vir Godsdiens en die geskiedenis van my geloof en kerk. Ek het besluit om Teologie te studeer na my belydenis van geloof in Graad 11. Ek was opewonde om meer te leer. Ek is geïnspireer deur my wonderlike gemeente wat my deur alles ondersteun het. Vanaf my eerste jaar het ek soveel gegroei en geleer. Ek het ook ‘n passie ontwikkel vir jeugwerk. Die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds het dit vir my moontlik gemaak om my passie te volg vir Teologie sonder enige bekommernis oor die toekoms. Dit het my toegelaat om my volle aandag aan my studies te gee en te presteer.