Ek het in 2016 matrikuleer aan die Afrikaans- Hoërseunskool met 2 onderskeidings.

Dit was my droom om eendag n veearts te word, maar ek is ongelukkig nie dadelik aanvaar nie. Dit is om die rede dat ek met n algemene BSc –graad in Biologiese wetenskap  by die Universiteit van Pretoria begin het. In my tweede jaar het ek oorgeskakel na ‘n Dierkunde en Plantkunde dubbelgraad en dit is in die jaar waar ek my eerste Plantpatologie module geneem het.

Ek het geleer dat ek ‘n passie en liefde vir landbou- en die plantpatologiese beroepsrigting het. Die  wetenskaplike kennis wat ek eendag gaan toepas kan bydra tot die versekering van beter voedselsekuriteit in die land, asook beter kwaliteit gewasprodukte. Dit het daartoe gelei dat ek van toe af ingeskryf is vir ‘n BSc Agric graad in Plantpatologie.  Tans is ek in my finale jaar. Ek beplan om in 2021 met my Meestersgraad in die rigting te begin.

Ek sou niks van dit kon bereik sonder die geleentheid wat die Noordelike Helpmekaar Studiefonds aan my gegee het nie en is vreeslik dankbaar daarvoor.