Ek het in 2019 gematrikuleer met 7 A’s en het daarna besluit om ‘n loopbaan as ‘n kommunikasiepraktisyn te volg– diè beroep van die toekoms omdat die wêreld konstant digitaal ontwikkel. As ‘n 2de jaar kommunikasie student, wat studeer aan die NWU se Potchefstroom-kampus, sien ek uit na die toekoms  waar ek kan inskakel by besighede om sodoende my praktiese en teoretiese vaardighede toe te pas. Dit alles te danke aan die Noordelike Helpmekaar Studiefonds.

Daar word baie tyd bestee aan akademie, maar ek weet dat ek eendag die vrugte van my harde werk gaan pluk. Die volgende aanhaling lê baie naby aan my hart: “It’s a slow process but quitting won’t speed it up.”