Om in ‘n positiewe huis groot te word waar ek geleer is om altyd weer te probeer en nooit moed op te gee nie , was ‘n groot voorreg. My ouers het my ook geleer dat ons, ons drome moet navolg, dat die hemelruim die dak is, maar dat die Here altyd in beheer is van oop en toe deure op my lewenspad. Die gebed vir oop en toe deure het ook my “lewensmotto” geword.

Ek is tans ‘n finale jaar student aan die Noordwes-Universiteit van Potchefstroom in Sportafrigting en Bewegingskunde. Ek was ‘n veelsydige sportman op skool en die sportveld was vir my die hoogtepunt van elke dag. Ek het veral in my matriekjaar ‘n besondere belangstelling ontwikkel in “die invloed van gestruktureerde oefenplanne in ‘n gimnasium op die liggaam”, wat ook ‘n invloed het op liggaamsbou en  spansport oor die algemeen verbeter.

My deure het oopgegaan die dag toe ek keuring gekry het by NWU en NHSF ingestem het om vir my studies te betaal. Ek kon my droom verwesenlik en sport gaan studeer!!