Ek is tans ʼn 2de jaar Senior- en Verdere Onderwys en Opleidingsfase-student by die NWU se Potchefstroomkampus. Ek is in Minjonet-dameskoshuis en ek geniet elke oomblik daarvan.

My doelwit is om na my graad, ʼn honneursgraad in Besigheidstudies te doen.

Te danke aan die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds, het ek die geleentheid gekry om Universiteit toe te gaan en my passie uit te leef. Tans dien ek op ʼn verskeidenheid HK-komitees wat my nie net plesier verskaf nie, maar ook ander vaardighede aanleer.

Dankie aan NHSF vir die ongelooflike ondersteuning en geleenthede wat julle bied.