Ek het in 2016 gematrikuleer aan die Afrikaans Hoër Meisieskool  Pretoria (AHMP). Dit was altyd ‘n droom van my om ‘n onderwyseres te word en met kinders te werk. Die Noordelike Hulpmekaar Studieleningsfonds het vir my die geleentheid gegee om my droom te verwesenlik. Ek is tans in my laaste jaar besig met  B Ed (Grondslagfase)  by Noordwes-Universiteit. Ek werk daaraan om moontlik my Honneurs in onderwys te doen.

Van kleins af wou ek ‘n onderwyser word. Ek is mal daaroor om met kinders te werk en om elke dag die groot glimlaggies op hulle gesigte te kan sien. Ek wil graag eendag ‘n verskil in elke kind ,wat in my klas instap, se lewens maak.

Baie dankie aan die Noordelike Hulpmekaar Studieleningsfonds wat die vir my moontlik gemaak het. Ek waardeer dit opreg en sal altyd dankbaar wees vir die bydrae wat julle in my toekoms gemaak het.