Ek is huidig ‘n tweedejaar in Laureus Manskoshuis op NWU se Potchefstroom-kampus, besig met my BA-graad in Onderwys vir die Senior Sekondere fase en FET met Fisiese Wetenskap en Ingenieurs- Grafika en Ontwerp as my vakke van spesialisasie.

 

Ek het al van kleins af ‘n passie om die kennis wat ek het aan ander oor te dra. Ek het onderwys gekies omdat ek ‘n natuurlike aanleg geërf het by my ouers, wat beide onderwysers is, om ander te help en ander op die regte en verbeterende pad te lei indien ek kan. Ek wil eendag my passie vir onderwys deurvoer in ‘n skool vir minder bevoorregde kinders in ‘n omgewing waar goeie onderwys ‘n rare kommoditeit is.  Ek is dankbaar vir die Noordelike Helpmekaar Studieleningfonds wat my in staat stel om hierdie droom ‘n realiteit te kan maak.

 

Ek is dankbaar dat daar steeds instansies soos die NHSF is wat beoog om almal gelyke geleenthede te gee om hul drome te bereik. Met hulle ondersteuning word ek werklik ‘n besondere kans gegee om my passie uit te leef.