Ek het in 2018 matrikuleer aan die Hoërskool Kroonstad as Dux-leerling van die skool en in die top 50 beste presteerders in die Vrystaat. Ek het altyd ‘n passie daarvoor gehad om mense te wil help, maar ek het vinnig agtergekom medies is nie my eerste keuse nie, en dus het ek besluit op Farmasie.

Ek is tans ‘n derde jaar Farmasie student en studeer by NWU in Potchefstroom. Ek is so ongelooflik dankbaar vir die geleentheid om te  studeer en elke liewe dag iets nuut te kan leer. Deur al die moeilik en maklik het ek net weer besef hoe opgewonde ek nou kan wees om eendag te kan doen waarvan ek hou.

Baie dankie aan die Noordelike Helpmekaar Studiefonds wat my die geleentheid kon gee om te kan studeer. Ek weet hoe groot voorreg dit is om te kan studeer en waardeer die ondersteuning opreg. Ons almal ken al die woorde “Harde werk word beloon”, en te danke aan die Noordelike Helpmekaar Studiefonds, kan ek wel daarvan getuig.