Ek het in 2015 matrikuleer aan die Hoërskool Noordheuwel, met 6 onderskeidings. Ek het  die voorreg gehad om in 2016 my studieloopbaan te begin aan die Universiteit van die Witswatersrand, en het in 2019 my BHSc-graad voltooi. Ek was ook bevoorreg om aanvaar te word vir medies, en studeer tans  as derdejaar mediese student.

Dit is maklik om te sê dat dit alles my eie harde werk is, maar in alle eerlikheid moet ek hierdie prestasie aan die Here opdra. , Natuurlik ook met baie dank aan die Helpmekaar Studiefonds wat al hierdie drome van dag 1 moontlik gemaak het en steeds doen. Dit is nie net oor finansiële bystand nie, maar ook oor emosionele bystand en motivering waarvoor ek ewig dankbaar sal wees.