HeikeOm te weet dat ek op pad is na ʼn ongelooflike loopbaan, is ʼn sekerheid wat min van ons het. En dis alles te danke aan die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds!

Ek is ʼn oud-skolier van die Hoërskool Vryburg; het in 2014 gematrikuleer met ʼn A-gemiddeld en is tans vierde jaar aan die NWU se Potchefstroom-kampus, besig om my loopbaan as astrofisikus te vorm.

My liefde vir die sterre het in 2008 begin toe twee Duitse sterrekykers met ʼn 16-duim teleskoop op ons plaas kom sterre kyk het. Gelukkig was daar geen taalgaping nie, aangesien ek vlot Duits kan praat deurdat ek in die Duitse Skool in Pretoria was.

Die merietetoekenning wat ek ontvang het, is ʼn goeie herinnering daaraan dat ek nie alleen op die pad na sukses is nie; dit wys dat die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds my ten volle ondersteun. Daarvoor wil ek graag baie dankie sê.

Ek wil ook dank betuig teenoor ons Almagtige Vader vir die gawes wat Hy vir my gegee het, asook die wonderlike pad wat Hy vir my gegee het om te stap.