Dit is nooit lekker om te weet dat jou droom nie ’n realiteit kan word nie a.g.v. ’n tekort aan finansies, maar gelukkig is daar engele soos die NHSF wat dit vir ons moontlik kan maak.

Akademie was nog altyd my eerste prioriteit, maar goeie punte is nie altyd genoeg nie. Ek kan met alle eerlikheid sê dat ek nie vandag sou gewees het waar ek is, sonder die NHSF nie. Te danke aan hulle kon ek  B.Com Regte  voltooi en is ek tans besig met my LLB.

Ek is nie die eerste persoon in my familie wat gebruik maak van die NHSF nie; beide my broers kon ook hulle studies voltooi met ’n NHSF-lening en my niggie is tans ’n tweedejaar op die PUK ook te danke aan hulle. Ek sit vandag met ’n dankbare hart – dankie NHSF vir alles wat julle doen.