NHSF help drome bewaarheid

Oor die jare heen het die Noordelike Helpmekaar Studiefonds talle studente gehelp om hul drome te bewaarheid deur studielenings aan hulle te bewillig. ‘n Sprekende voorbeeld is Lindi Steyn wat vandag, 11 jaar nadat sy ‘n NHSF-lening ontvang het, met ‘n doktorsgraad in Biodiversiteit en Bewaring aan die Universiteit van Johannesburg spog. Hieronder volg ‘n briefie waarin sy haar opregte dank betuig:

Dr Lindi Steyn - NHSF dankie

Dr. Lindi Steyn

Geagte Helpmekaar Studiefonds-span,

Ek het 11 jaar terug begin studeer en vandag kan ek met trots sê ek is Dr. Steyn.

Maar niks hiervan sou moontlik gewees het sonder julle vertroue en finansiële hulp nie. Julle het my gehelp met my eerste graad, wat dit toe moontlik gemaak het vir my om verder beurse te kry.

Die geduld wat julle toon met die terugbetalings, is ook van onbeskryflike hulp en word uit die diepte van my hart uit waardeer.

Ek sal vir altyd dankbaar wees vir julle hulp. Ek hoop dat ek in die toekoms ook kan help om iemand se drome van naskoolse studies te bewaarheid.

Vriendelike groete,

Dr. Lindi Steyn

PhD Biodiversiteit en Bewaring

Universiteit van Johannesburg

 

Die menings vervat in WERD OM TE WEET is die van die outeur/bron en nie noodwendig die van die Noordelike Helpmekaar Studiefonds nie