HIER IS SA SE TOP-WERKGEWERS OP STUDENTE SE RANGLYSTE

Studente stel kultuur, buigsaamheid, etiek en ’n oog op die toekoms voorop in ’n peiling onder hulle oor Suid-Afrika se gewildste werkgewers.

Sukses, teenwoordigheid en kultuur is die drie sleutelwoorde wat uittroon in die 2021 Universum Talent-peiling  wat data van Suid-Afrikaanse studente insamel oor die werkgewers wat hulle die hoogste en aantreklikste ag.

Die resultate van die 2021 Universum Talent-peiling  toon onder meer die volgende:

  • Ingenieurs- en tegnologieloopbane is steeds vanjaar in groot aanvraag.
  • Digitale interaksie deur werkgewers word as voordelig beskou.
  • Sakesukses en teenwoordigheid word ten nouste verbind met aantreklikheid as werkgewers.

Tendense toon dat die studente die gees van Ubuntu besonder hoog aanslaan, asook ’n houding van dienslewering en ’n sterk belangstelling in ’n mengsel van plaaslike en internasionale werkgewers, tesame met ’n eweredige belangstelling in die openbare en die private sektor.

Oor die peiling

Universum onderneem elke jaar ’n gesindikeerde peiling van studente wat aan Suid-Afrikaanse universiteite studeer. Die peiling stel die maatskappy in staat om meer inligting in te win  oor dít waarna studente by werknemers soek wanneer hulle oor hul loopbane moet besluit. Dit bied die geleentheid om insigte te deel oor dié werknemers wat, na die studente se mening, in kernareas presteer. Geen werkgewers betaal of kies om op die lys van werkgewers wat geëvalueer word, te wees nie; die studente stem self oor wat ingesluit moet word of nie.

As gevolg van studente wat meer neig na diensoriëntasie, kom die onderliggende kulturele invloed van Ubuntu duidelik na vore. Om meer wys te word oor hul toekomstige werknemers, dui studente aan dat hulle toenemend gebruik maak van Facebook en P-net, terwyl Careers24 en Indeed minder gebruik word.

Kommunikasie en inhoud is koning

In ’n jaar wat bewys het dat digitale gebruik en skakeling allerbelangrik is, is daar ook bewys dat teenwoordigheid en betrokkenheid ’n beduidende impak op werkgewers se waargenome aantreklikheid het. Studente het aangedui dat die meeste van die 30 aantreklikste werknemers ’n kampusteenwoordigheid sowel as ’n sterk sosiale mediateenwoordigheid het. Volgehoue skakeling met talent het gehelp om die posisie van die 30 aantreklikste werknemers met werknemerhandelsmerking te handhaaf en uit te bou.

Met studente wat hul voorkeure grootliks van die werkomgewing en inwaarts gefokusde werknemer-eienskappe na ’n langtermynloopbaan bou en maatskaplike bewustheid aan die kant van toekomstige werkgewers verskuif het, het die verskuiwing van werk-ervaring na werknemer-lewenservaringsvoorkeure duidelik geblyk. 

Af- en opwaartse tendense is soos volg:

Leierskapsgeleenthede, ’n vriendelike werkomgewing en leiers wat ontwikkeling ondersteun, word hoog geag.

Etiese standaarde, maatskappye se respek vir hul mense, veiligheid en ’n duidelike ontwikkelingsbad vir almal word al hoe belangriker vir studente.

Belangrikheid van ’n organisasie se oorsprong

Altesaam 42%  van sakestudente, en 31% van ingenieurs- en tegnologiestudente het aangedui dat hulle verkies om in die openbare sektor te werk. Wanneer dit verder ontleed word, is dit duidelik dat meer as ’n derde van die sakestudente en 56% van ingenieurs-/tegnologiestudente liewer vir ’n organisasie wil werk wat in SA in die lewe geroep is.

Daarteenoor wil 72% van ingenieurs-/tegnologiestudente, en 63% van sakestudente liewer vir ’n organisasie werk wat wêreldwyd werksaam is Hoewel meer studente belangstel om vir ’n Suid-Afrikaanse maatskappy te werk, toon die studie dus dat internasionale maatskappy steeds as die beste opsie beskou word.

Oor die studente

In sowel sake en handel, het studente groter belangstelling getoon in werkgewers wat marksukses behaal het, en hulle koppel dit aan veiligheid, stabiliteit en vertroue in die oorlewing van die onderneming.

In onsekere tye, het sekuriteit, soos verwag, toegeneem in belangrikheid.

Bank en ‘Fintech’-sektor wek belangstelling

  • Die hoogs mededingende top-sektore vir saketalent is die oudit- en rekenmeestersbedryf, bankwese, staatsbeheerde organisasies en die fintech-sektor.
  • Die vyf top-oudit- en rekenmeestersfirmas het banke onttroon in die stryd om die gesogte aspirasionele rekenmeestersgerigte teikengroep.
  • Allan Gray en die JSE is bo-aan die lys in die stryd vir die aspirasionele bankgerigte teikengroep.
  • Investec, Allan Gray en die Reserwebank is die aantreklikste vir die aspirasionele sakegerigte teikengroep.

Hoe die toekoms lyk

’n Goeie verwysing vir ’n toekomstige loopbaan, buigsame werksomstandighede en, weer eens, etiek, kry voorkeur by dié teikengroep. Die vaardigheid inherent aan die teikengroep is in aanvraag in al die sektore en dit word beklemtoon as daar na die 30 aantreklikste werkgewers gekyk word.

– Sasol, Transnet en Eskom is die aantreklikste organisasies vir die ingenieursgerigte teikengroep.

– Microsoft, Google, Amazon, Huawei, Samsung en IBM is die aantreklikste vir die IT-gerigte teikengroep.

Hier volg die ranglyste van die 100 top-werkgewers soos gepeil deur sake-, handel-, ingenieurs- en tegnologiestudente:

 

REKENMEESTERSBEDRYF

  1. Deloitte
  2. PwC (Pricewaterhouse Coopers)
  3. KPMG
  4. EY (Ernst & Young)
  5. Ouditeur-generaal (AGSA)

BANKWESE

  1. Investec
  2. SA Reserwebank
  3. Standard Bank
  4. First National Bank
  5. ABSA

SAKE-INTELLIGENSIE

  1. Google
  2. Johannesburgse Effektebeurs (JSE)
  3. Investec
  4. SA Reserwebank
  5. SAID

FINANSIES

  1. Investec
  2. Allan Gray
  3. SA Reserwebank
  4. Johannesburgse Effektebeurs (JSE)
  5. SAID

LOGISTIEK

  1. Transnet
  2. Coca-Cola South Africa
  3. AB InBev
  4. Unilever
  5. Barloworld

BESTUUR/DIREKSIE

  1. BMW Group
  2. Google
  3. SA Reserwebank
  4. Johannesburgse Effektebeurs Stock Exchange (JSE)
  5. Transnet

BEMARKING

  1. Coca-Cola South Africa
  2. BMW Group
  3. Nike
  4. Google
  5. Unilever

-EINDE-

Die menings vervat in WERD OM TE WEET is die van die outeur/bron en nie noodwendig die van die Noordelike Helpmekaar Studiefonds nie